Bekker & Key

Bekker & Key is 'n splinternuwe toevoeging tot jou ontdekking van die Oos-Vrystaatse gasvryheid. Gert Bekker (082 570 0222), eintlik 'n sanger/skrywer van beroep, en sy vrou Liesel Keyser, vryskut kunstenaar, het hierdie restaurantjie in Februarie geopen. Gert kan ook gekontak word by gertbekker@lindley.co.za.

Gert het al die hoofgeregte uitgewerk en doen ook die voorbereiding daarvan, wanneer hy die naweek in Lindley is. Sien, die restaurant is op hierdie begin stadium nog net op Vrydae- en Saterdae-aande oop en dit is ongelukkig ook wanneer Gert meeste van sy optredes het. "Ons het intussen 'n baie bekwame sjef opgelei om die geregte voor te berei, na my smaak, indien ek die aand weg is met optredes."

Liesel hou in elk geval die fort en is op haar eis bedrewe genoeg om die pot daadwerlik aan die kook te hou.

Die geregte is eenvoudig, maar nie algemeen nie, eerder ''smaaksensasies''. Daar word eerder gemik na uitstaande gehalte as 'n groot bord kos; en nou moet jy nie dink dat jy honger hier sal weggaan nie!

Die vleis- en visporsies is groot genoeg om 'n groot man versadig te maak, maar dit is onopgesmuk en so voorberei om die smaak van die vleis/ vis uit te bring.

Die voorgeregte is alreeds 'n groot treffer word telkemale weer bestel!
*Biltong balsamic
*Romerige komkommersop

Die hoofgeregte is:
*Beesfilet met 'n peper/brandewynsous
*Skaaptjops oor die kole gebraai met Gert se eie kruiemengsel
*Gerookte varknek in perkse en lemoen gaargemaak
*Baby hake met 'n romerige suurlemoen-en-knoffelsous
Alle geregte word bedien met vars opgekookte groente en aartappel skyfies.

Die nageregte is Liesel se spesialiteit:
*Crepe Key onder die vlamme
*Roomys met 'n dik tuisgemaakte sjokolade sous

Die tema by Bekker & Key is om die lewe te vier! Eet, drink en wees vrolik...

So gepraat van drink, Bekker en Key het nie 'n dranklisensie nie en vra u om u eie drankies saam te bring. Ons bedien slegs Koffie en Tee.

Die restaurantjie kan slegs 18 mense op 'n slag bedien en dit is dalk wys om voor die tyd te bespreek. -''Ons word baie goed ondersteun en is baie dankbaar daarvoor!''