Riemland Bundu maak n plan!
Die Oos Vrystaat het die afgelope tyd ‘n abnormale reën seisoen beleef.
Dit het baie boere en besighede beïnvloed en selfs die EERSTE BUNDU Expo in die Vrystaat het deels ook deurgeloop!
Die groot hengelkompetisie wat aangebied word deur Stywe Lyne
Maar soos die gesegde lui, ‘n boer maak ‘n plan! en die Expo organiseerders in Lindley wou visvang, dam of te nie.
Die dorp se swembad wat al vir jare leeg staan is vol rivier water gepomp en boere in die omgewing het visse geskenk.
Die kompetisie gaan dus voort. Stywe lyne verskaf die hengeltoerusing en daar sal daagliks wenners aangekondig word. Die redakteur van stywe lyne Ettiene Kriel en Chris Schutte van Eco Care Trust sal self die kompetisie behartig
Nog ‘n eerste vir die Vrystaat, maak seker jy kom vang jou vis by die expo 18-20 Maart .










